Recce-resepte: Vir kos, die bos, die lewe

Justin Vermaak, Douw Steyn

PDF

Aasvoëlsop, enigiemand? Of wat van vlieënde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg? Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinninge Spesiale Magte-operaters. Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit 'n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur versaf en selfs hoe om 'n leeu kaalhand van 'n karkas te verjaaf. Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland. Hulle verklap boonop hul unieke filosofie – bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding! Of staan opsy, want die Recces kom verby … WAARSKUWING: Hoewel die meeste resepte eetbaar is, moet sommige nooit, ooit herhaal word nie.

KSh 2 175.75
9781868428373
17.59 mb
Afrikaans
2017-10-11
Jonathan Ball Publishers
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.